Luister nou

DA kritiseer regering oor VN-versoek

Deur Walter Ernst

Die DA het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se versoek aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om stappe teen Amerika oor Venezuela te doen, as skynheilig bestempel.

Die party sê Rusland se inval in Oekraïne is ’n bewys daarvan.

President Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores is Saterdag in Caracas deur VSA-magte gevange geneem.

Die DA sê dit toon duidelik die ANC se selektiewe politieke siening en skynheilige optrede wanneer dit by internasionale sake kom.

Die DA sê in diplomatieke betrekkinge is daar nie plek vir teenstrydighede en inkonsekwente optrede nie.

Intussen het Maduro en sy vrou reeds vlugtig in ’n hof in New York verskyn.
Hul saak gaan weer op 17 Maart hervat.

Fotokrediet: EWN

Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou