Luister nou

Korruptes steeds nie op swartlys nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Ellen Diedericks

ActionSA het onthul dat dosyne individue en maatskappye wat by Staatskaping en die verskaffing van persoonlike beskermende toerusting betrek is, steeds nie op ‘n swartlys geplaas is nie en dus vry is om sake met die regering te doen.

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke, die Valke, het aanbeveel dat 509 individue en maatskappye op die Tesourie se swartlys geplaas word.  Slegs 18 is egter op die lys van sogenaamde Verbode Voorsieners geplaas.   Dié inligting is deur die minister van finansies in antwoord op ‘n geskrewe vraag van ActionSA bekend gemaak.

Die berugte Digital Vibes, wat beweerde bande met die voormalige minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize het, en kontrakte ter waarde van sowat R150-miljoen van die departement van gesondheid ontvang het is óók nog vry om sake met die regering te doen. Dié skandaal het tot Mkhize se bedanking gelei.

Nie een van die 207 voorsieners wat by die R2-miljard se plundering by die Tembisa-hospitaalskandaal betrokke was is op die swartlys nie.

Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou