Marelize Maré
Meer as 300 polisiekantore in die land is óf in ‘n baie slegte toestand óf nie geskik as ‘n produktiewe werksomgewing nie.
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het tydens ‘n parlementêre antwoord onthul dat volgens die polisie se verbruikersbatebestuursplan 2026/2027 daar 184 polisiekantore is wat as C2 gegradeer is, wat beteken dat dit in ‘n baie swak toestand is en herstelwerk en opknapping benodig.
Die meeste van die polisiekantore is in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat.
Cachalia sê egter daar is 35 projekte wat teen die einde van die 2025/2026-boekjaar afgehandel sal wees.
Dít sluit die bou van sewe nuwe polisiekantore en herstelwerk aan selle by 25 polisiekantore in.
Cachalia sê ‘n toestandbeoordeling sal die omvang van die werk en koste vir elke polisiekantoor uiteensit.