Luister nou

Bederf op pad vir UFC-aanhangers

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Goeie nuus vir UFC-aanhangers is dat die Knox Legacy-reeks, ’n wêreldklas gemengde gevegkuns-geleentheid, aanstaande jaar in Kaapstad aangebied sal word.

Die bekende voormalige UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis, en die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het aangekondig dat dié reeks op 26 Februarie 2026 by die Grand West-arena in Kaapstad sal plaasvind.

Hill-Lewis sê Kaapstad is baie opgewonde oor die geleentheid, aangesien Kaapstad meer sportgeleenthede wil aanbied.

Du Plessis sê op sy beurt die reeks het ten doel om vir Suid‑Afrikaanse vegters ’n platform te gee.

Die reeks is die eerste van sy soort en sal vegters van Kaapstad teen hulle internasionale eweknieë te staan bring.

Die vegters Luke Michael, Faeez Jacobs, Terence Balelo, Tumelo Manyamala en Adrian Sanchez sal na verwagting aan die reeks deelneem.

Die volledige vegkaart, program en besonderhede van uitsendings sal binnekort bekend gemaak word.

Fotokrediet: Anton Geyser/Gallo Images

Gewilde Nuus

Valke-kar

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Fotokrediet: News24

NSFAS staak befondsing aan duisende

Kokaïen 6

SAID lê beslag op reusedwelmvonds

Betoging - March and March

Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting

Fotokrediet: Medium

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Ander Nuus Artikels

Integrisure
Versekeringsmakelaar of direkte versekeraar: Wat is die werklike verskil?
Fotokrediet: Maroela Media
Eerste volledige Afrikaanse Bybel 93 jaar gelede in gebruik geneem
Fotokrediet: Netwerk 24
Gift of the Givers is reg vir Nepal
Valke-kar
Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement
Fotokrediet: News24
NSFAS staak befondsing aan duisende

Luister nou