Luister nou

Skietvoorval in Pretoria eis twee in spitsverkeer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Twee mense is vanoggend tydens spitsverkeer dood en een ernstig gewond in ’n skietvoorval in Pretoria-Noord.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek dié voorval nadat ’n 38-jarige man om 6:30 naby die A Re Yeng-bushalte in Paul Kruger-straat uit sy voertuig geklim, ’n wit Nissan Almera in die verkeer genader en op die 28-jarige manlike bestuurder en 26-jarige vroulike passasier losgebrand het.

Volgens die polisie het die voertuig nog sowat 150 meter vorentoe beweeg voordat hy tot stilstand gekom het.

Tot omstanders se skok het die skieter homself net daar en dan doodgeskiet.

Nooddienste het die vroulike passasier op die toneel dood verklaar en die bestuurder is in ’n kritieke toestand na die Kalafong-hospitaal geneem.

Lede van die polisie se Misdaadtoneelbestuurspan is steeds op die toneel om bewysstukke in te samel.

Die vuurwapen sal vir forensiese ontleding gestuur word.

Sake van moord, poging tot moord en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Foto’s: Suid-Afrikaanse Polisiediens

Gewilde Nuus

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Luister nou