Luister nou

Solidariteit vat Lesufi vas in die hof oor ‘rasbanier’

Deur Pretoria FM Nuusspan

Solidariteit gaan op 18 November die Johannesburg-metropolisie op ʼn dringende basis in dié stad se hooggeregshof daag nadat sy banier onregmatig verwyder is.

Die vakbond sê hofstukke is onder meer aan die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, en die Johannesburg-metro beteken.

Die banier het die boodskap gedra: “Welcome to the most race-regulated country in the world” en het deel gevorm van ʼn bewusmakingsveldtog oor raswette wat Solidariteit spesifiek vir November 2025 en die G20-beraad beplan het.

Volgens Solidariteit het hulle deur middel van ʼn erkende agentskap gewerk en alle gelde vooruit betaal ten einde te verseker dat die banier behoorlik ontwerp en vertoon word.

Die banier is egter sonder enige kennisgewing, verduideliking of regmatige proses op 10 November deur stadsowerhede verwyder.

Solidariteit voer in die dringende aansoek aan dat die stadsraad se optrede onwettig en polities gemotiveerd was en dat die metro se eie munisipale verordeninge nie aan amptenare die mag gee om advertensies eensydig te verwyder nie.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, sê die banier se doel was om ʼn spieël vir die wêreld op te hou van Suid-Afrika se rasbeleid, maar het nou ook ʼn spieël geword van ʼn regering wat die reg in eie hande neem en wat vryheid van spraak ondermyn.

Solidariteit vra dat die verwydering van die banier onwettig verklaar word en dat die hof die onmiddellike herstel van die banier op dieselfde plek moet gelas, of dat die banier kosteloos aan Solidariteit terugbesorg word.

Die vakbond sê hy gaan intussen voort om soortgelyke advertensieborde regoor die provinsie op te rig.

2 Responses

  1. Teen die tyd dat die gekaapte regstelsel uit spraak lewer is die G20 verby . . . . . .die korrupte ANC en hul kaders gaan dit vetraag . . . . . .

  2. Die waarheid maak seer…Lesufi moet van diefstal en beskadiging van goedere wat nie aan hom behoort nie ook aangekla word.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Ander Nuus Artikels

Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Luister nou