Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê Suid-Afrika is nog baie ver daarvan af om die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings, Aarto, in te stel.
Dít volg nadat die minister van vervoer, Barbara Creecy, die implementering van die wet tot Julie aanstaande jaar uitgestel het.
Dit was veronderstel om op 1 Desember in werking te tree.
Dié uitstel kom nadat dit duidelik geword het dat sommige munisipaliteite nie gereed is vir die eerste fase van implementering nie.
Probleemareas sluit die voltooiing van opleiding van wetstoepassers en administratiewe personeel, asook die befondsing van wetstoepassingstelsels in.
Ingevolge dié wet sal kleiner verkeersoortredings met boetes en ‘n strafpuntstelsel begroet word, terwyl groot oortredings in die howe aangehoor sal word.
Outa se hoof, Wayne Duvenage sê die uitstel was onvermydelik en meen dat probleme in munisipaliteite daartoe sal bydra dat die wetgewing moontlik nie eens in Julie aanstaande jaar ingestel sal kan word nie.
Die organisasie sê hy het reeds die afgelope dekade sy kommer oor die praktiese uitvoerbaarheid en billike administrasie van Aarto uitgespreek, aangesien die stelsel gebrekkig aan duidelikheid, billikheid en voldoende funksionaliteit is.
One Response
ARTO, BELA, NHI en 142 RASSE WETTE gaan nie lieg in Suid Afrika nié. Alles wat die ANC regering aanraak of aanpak MISLUK. Nes hulle diktatorskap wat op die rand is van intensiewe in tuimeling.