Families het die afgelope naweek hulde gebring aan slagoffers van plaasmoorde en ’n bykomende 34 wit kruise by die Witkruismonument langs die N1 buite Pietersburg/Polokwane in Limpopo geplant. Dié monument is teen die voet van Ysterberg geleë.
Mense trek elke jaar van heinde en verre saam om kruise te plant ter eerbetoon aan die boere en hul gesinne wat die afgelope jaar vermoor is.
Die leier van die VF Plus, dr. Corné Mulder, het vanjaar by die herdenking gesê elke kruis verteenwoordig ‘n mens wat vermoor is en dat daar geen plek in Suid-Afrika is vir ’n gewraakte lied soos “Kill the Boer, Kill the Farmer” nie.
Die see van wit kruise is opgerig vir mense wat sedert 1994 op hoewes en plase vermoor is.
Die kruise het vroeër vanjaar opslae in die Withuis gemaak, toe president Donald Trump dit vir ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging gewys het.
President Cyril Ramaphosa het aangedui dat hy nie weet waar die kruise is nie.
’n Groot hoeveelheid trekkers, karre en motorfietse was deel van die stoet wat die naweek op die N1 op pad na Polokwane na die terrein gery het.
One Response
Lieg soos ‘n tandetrekker!