Verbruikers moet hulle staal vir nog ‘n skok-elektrisiteitsverhoging nadat die energiereguleerder, NERSA, en Eskom agter geslote deure ‘n skikkingsooreenkoms aangegaan het wat nagenoeg R45-miljard beloop.
Dit is die tweede soortgelyke ooreenkoms wat sedert Mei aangegaan is, wat die totale bykomende bedrag wat verbruikers sal moet betaal op vier-en-negentig-miljard rand te staan bring.
Die skikking hou verband met verhogings in die elektrisiteitspryse wat verkeerd uitgewerk is.
Die gevolg van dié skikkings is dat verbruikers nou in die 2026/27-geldjaar ‘n verhoging van 8.76% gaan moet betaal waar dit vroeër op 5.36% vasgestel is, en 8.83% in die daaropvolgende jaar waar dit 6.19% sou wees.
2 Responses
Weet iemand wanneer die 2 verhogings in werking gaan tree?
Dis verskriklik ons salarise en pensioen verhoogings eljw jaar is minder as die krag verhooging en dan gaan kos en alles op en jy sit candied einse met ‘n minus verhooging dan wil eskom ons beboet as ons sonkrag instaleer en nie registreer waarom moet.ons dan nog vir eskom betaal as ons Liewe Vader vir ons gratis son gee. Daars nie ‘n manier dat ek dan vir die government ESKOM sal betaal.