Die raad vir arbeidsverhoudinge in onderwys sê dat hulle vol vertroue is dat die proses – om die aantal onderwysers en leerlinge in skole regoor die land te bevestig – teen Oktober afgehandel sal wees.
Dié raad is die taak opgelê om opvoeder- en leerlinggetalle in al nege provinsies na te gaan om bewerings van spookwerkers in die onderwyssektor te ondersoek.
Onderwysersvakbonde, die nasionale departement van basiese onderwys en die nege provinsiale onderwysdepartemente het ook die raad versoek om ‘n forensiese ondersoek te doen om bewerings van die verkoop van poste te ondersoek.
Die raad se hoofsekretaris, dr. Nolusindiso Foca sê die oudit word as ‘n saak van dringendheid hanteer.