Luister nou

Matriekvraestelle in Noordwes kos nou byna vyf keer meer om te druk

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Solidariteit-skoleondersteuningsentrum (SOS) eis ’n ondersoek na die kontrak wat die Noordwes-onderwysdepartement aan die Lebone Altron DSV-konsortium toegeken het wat hom vir vyf jaar elke jaar R128 miljoen in die sak sal bring om matriekvraestelle te druk.

Dis bykans vier keer meer as die R27 miljoen wat die departement tans betaal.

Melanie Buys, die hoof van Ontwikkeling by die SOS sê die drukkoste het tot dusver R690 per kandidaat beloop, maar sal met die nuwe kontrakteur R3 100 per leerling kos.

“Die drukkoste van eindeksamenvraestelle beloop dus meer as tien keer die totale jaarlikse toewysing per leerder wat skole van die staat ontvang om die hele jaar se leermateriaal, leerderondersteuning en instandhouding van ’n openbare skool te betaal.”

Buys is van die standpunt dat dié onderwysdepartement en die ANC-regering nie die beste belang van die volgende geslag leerlinge op die hart dra nie. Sy sê die SOS eis ’n indringende ondersoek en daadwerklike optrede deur die minister van basiese onderwys.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou