|
Suid-Afrika se grootste voedselprodusent, Tiger Brands, het skikkingsaanbiedinge gemaak aan sekere slagoffers van die listeriose-uitbreking in 2017. Dié aanbod is gemaak aan slagoffers wie se infeksies geneties verbind kon word met die stam wat in Tiger Brands se Enterprise-fabriek gevind is. In ‘n handelsopdatering van dié genoteerde maatskappy sê Tiger Brands dat die skikkingsaanbiedinge deel vorm van ‘n alternatiewe plan om ‘n einde te maak aan die voortgesette ligigasie. Die wêreld se dodelikste listeriose-uitbreking het SA aan die begin van 2017 getref en meer as 200 sterftes tot gevolg gehad.
|