Dit is weer tyd vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings en kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers word uitgenooi om in te skryf in die onderskeie kategorieë.
Ter viering van Afrikaans 100, word daar hierdie jaar ook twee splinternuwe kategorieë bygevoeg, naamlik “Sokkie liedjie van die jaar” en “Klankbaan vir ‘n film- of TV-produksie”.
Alle nuwe uitreikings tussen die tydperk 1 April 2024 tot 31 Maart 2025 mag ingeskryf word. Inskrywings vir alle kategorieë open op 11 April 2025 en sluit om middernag op 16 Mei 2025. Die inskrywingsvorms met volledige kriteria is op Pretoria FM se webtuiste beskikbaar by www.pretoriafm.co.za.
Die Uitvoerende Voorsitter van Pretoria FM en die Aitsa Trust, Mnr Willie Spies, sê die Aitsa Toekennings lok groot belangstelling in die musiekbedryf en kunstenaars ervaar dit as ‘n eer om in enige van die kategorieë genomineer en uiteindelik as wenner aangewys te word.
Kunstenaars kan self inskryf of kan deur hul onderskeie platemaatskappye ingeskryf word. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is:
- Nuweling van die Jaar
- Ballade van die Jaar
- Pop Liedjie van die Jaar
- Sokkie Liedjie van die Jaar (ter viering van Afrikaans 100)
- Kontemporêre Liedjie van die Jaar
- Geestelike Liedjie van die Jaar
- Kletsrym Liedjie van die Jaar
- Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar
- Boeremusiek Snit van die Jaar
- Klassieke- /Instrumentale Snit van die Jaar
- Musiekvideo van die Jaar
- Liedjieskrywer van die Jaar
- Vervaardiger van die Jaar
- Album- of EP van die Jaar
- Klankbaan vir ‘n film- of TV-produksie (ter viering van Afrikaans 100)
Alle inskrywings sal deur ‘n uitgebreide paneel kundiges in die musiekbedryf beoordeel word, waarna ‘n maksimum van ses finaliste in elke kategorie aangewys word. Twee ekstra onafhanklike beoordelaars word betrek spesifiek vir die kategorieë Vervaardiger van die Jaar en Musiekvideo van die Jaar. Die beoordelingsproses word gemonitor deur die Aitsa Trust se ouditeur.
Ons is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek en daarom is dit belangrik dat ‘n onafhanklike geleentheid soos die Aitsas ‘n platform skep waar die room in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie, beloon word.
One Response
Wanneer is die aitsa Afrikaans musiektoekenings
Ek stem vir Juanita du plessis