Die saak teen oud-president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla oor die onluste in Julie 2021 is tot Augustus vanjaar uitgestel.
Zuma-Sambudla, wat ook ‘n parlementslid van die MK-party is in Januarie aangekla van aanhitsing om terrorisme te pleeg, en twee aanklagte van aanhitsing om openbare geweld te pleeg.
Dit nadat haar pa by sy huis in Nkandla in hegtenis geneem is. Hy het ‘n bevel van die Grondwethof – om voor die staatkapingskommissie te getuig – geïgnoreer waarna hy vasgetrek is. Hy is kort daarna op mediese parool vrygelaat.
Zuma-Sambudla het alle aanklagte teen haar ontken en meen dit is polities gemotiveerd.