Vyf vermeende rowers is doodgeskiet voordat hulle ‘n plan kon uitvoer om ‘n besigheid in Ntuzuma- in KwaZulu-Natal – te beroof.
Volgens die polisie het ‘n skietgeveg tussen die bendelede onderling uitgebreek nadat hulle begin stry het.
Met die polisie se aankoms op die toneel het die oorblywende rowers op die polisie losgebrand – waarna daar terug geskiet is.
Vier verdagtes is op die toneel dood met ‘n vyfde liggaam wat ‘n ent weg van die toneel af gevind is – nadat ‘n gewonde rower op die vlug geslaan het.
Die polisiewaghond, OPOD, ondersoek die voorval.
UPDATE: The number of suspected criminals killed during a shoot out with KwaZulu-Natal police in Ntuzuma in Durban has climbed to 5.
It is alleged that the police cornered the suspects while they were on their way to commit a business robbery in the nearby township of KwaMashu.… pic.twitter.com/rWCNXEVqqB
— Sihle Mavuso (@ZANewsFlash) February 24, 2025