Luister nou

Tuinier erken dat hy Randhart-ma en seuntjie vermoor het

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Tuinier, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 32-jarige vrou en haar 9-jarige seun, in hulle huis in Randhart in Alberton vermoor het, het Dinsdagoggend skuld op die moorde beken.

Nadine Terblanche en Freddie Stapelberg.

 

Pardon Danhire het vanoggend ‘n pleit- en vonnis-ooreenkoms met die staat, in die rondgaande hooggeregshof in Palm Ridge, aangegaan.

 

Nadine Terblanche en haar seun Ruandré is in November 2023 vermoor nadat haar lewensmaat, Freddie Stapelberg glo R100 000 aan Danhire aangebied het om die moorde te pleeg. Stapelberg ontken skuld op alle aanklagte teen hom.

 

Danhire is vanoggend gevonnis tot twee vonnisse van 25 jaar gevangenisstraf, wat gelyklopend uitgedien sal word. Vyf jaar daarvan sal opgeskort word indien hy getuig in die saak teen Stapelberg wat weer op 5 Maart aangehoor word.

 

Die ma van Ruandré se biologiese pa, Elize Putter, het aan Pretoria FM gesê sy is bly dat die deel van die saak afgehandel is, en meen die familie is verlig dat Danhire ingestem het om teen Stapelberg te getuig.

 

“Die skulderkenning gaan nie my kleinkind terug bring nie, maar dit bring effense berusting.” Sy sê sy hoop dat die saak teen Stapelberg ook nou momentum kry, en dat hy ook ‘n swaar vonnis toegedien word [mits hy skuldig bevind word].

 

“Ons kan net aanhou bid, Ons dien ‘n groot God, en net Hy kan op sy tyd ons verlies ‘n bietjie ligter maak.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou