15 Januarie 2025
Talle provinsies sê dat hulle op die eerste skooldag met honderde skoliere sit wat nog nie in skole geplaas is nie.
Provinsiale departemente van onderwys sê ‘n voorkeur vir voorstedelike skole, laat aansoeke, migrasie en te min hoërskole is van die redes waarom sommige leerlinge nog geplaas moet word.
Ouers wat aandring dat hulle kinders in Engelese skole geplaas moet word is ook in verskeie provinsies aangemeld.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini sê hulle het net minder as agt-duisend leerders wat nog geplaas moet word.
Terwyl die Vrystaat met net meer as sewe-duisend leerlinge sit waarvoor daar nog plek gekry moet word, sê Noordwes dat hulle nagenoeg ‘n duisend ongeplaaste leerders het.