Luister nou

Minister moet uitvalkoers ook bekend maak, vra AfriForum

Deur Pretoria FM Nuusspan

14 Januarie 2025

Die burgerregte-organisasie, AfriForum het die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, versoek om óók die syfer bekend te maak van leerders wat die skool verlaat het tussen Graad 10- en 12, voor die aanvang van die matriekeksamen.

Dit kom nadat Gwarube gisteraand aangekondig het dat die matriekgroep van 2024 ‘n slaagsyfer van 87,3% kon behaal, wat sy as ‘n rekord in die geskiedenis van die land bestempel het.

Afriforum sê die kommerwekkende uitvalkoers moet per provinsie bekend gemaak word.

Die organisasie se hoof van kultuursake, Alana Bailey, sê dit skep ‘n verwronge prentjie van die werklike prestasie per provinsie, as daar nie ‘n idee is van hoeveel kinders uitgeval het nie.

Bailey sê dit het ook tot gevolg dat die publiek nie duidelikheid het oor watter provinsies steeds ernstige onderwysprobleme ervaar nie.

Die uitslae per provinsie:

  • Vrystaat – 91%
  • KZN – 89,5%
  • Gauteng – 88,4%
  • Noordwes – 87,5%
  • Wes-Kaap – 86,6%
  • Limpopo – 85,1%
  • Mpumalanga – 84,9%
  • Oos-Kaap – 84,98%
  • Noord-Kaap – 84,2%

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou