15 Desember 2024
Die departement van basiese onderwys het bevestig dat hy wel die 2024-matriekgroep se uitslae aan die media gaan verskaf.
Dit kom nadat die departement die hof genader het nadat die Inligtingsreguleerder aangekondig het dat die uitslae nie publiseer mag word nie.
Die IR het aangevoer dat die onderwysdepartement artikel 11 van die popi-wet oortree het weens die wyse waarop hy leerlinge se persoonlike inligting hanteer het.
Die departement meen egter dat slegs leerlinge se eksamennommers gepubliseer word en dat die persoon dus nie geïdentifiseer kan word nie. Die departement het Vrydag ʼn aansoek by die Pretoriase hooggeregshof sy hofstukke ingedien om die IR se afdwingingsbevel tersyde te stel.
Die appèl beteken dat die afdwingingsbevel opgeskort is en dat die uitslae gepubliseer mag word.
Die uitslae word op 13 Januarie 2025 bekend gemaak.