Luister nou

Skoolverlatersverslag: “Talle leerlinge verkies ná skool ook Afrikaans as onderrigtaal”

Deur Pretoria FM Nuusspan

6 Desember 2024

“Afrikaanse matrikulante verkies Afrikaans as onderrigtaal en wil selfs ná hoërskool verder in hulle moedertaal studeer.”

Dít volgens die jaarlikse Skoolverlatersverslag wat Solidariteit se Skoliere-aanbod in samewerking met die Solidariteit Navorsingsinstituut vrygestel het. 3 223 matrikulante van 108 skole landwyd het aan die studie deelgeneem.

‘n Onderwysnavorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, asook die samesteller van die verslag, Johnell Prinsloo sê meer as 95% van die respondente wat aan die studie deelgeneem het, het aangedui dat hulle moedertaal Afrikaans is.

Sy sê die groot meerderheid (78,1%) van leerders voel positief oor Afrikaans as onderrigtaal. In 2023 was 73,1% van die leerlinge positief oor Afrikaans as onderrigtaal. 0,9% van die leerders het aangedui dat hulle negatief voel teenoor Afrikaans as onderrigtaal, terwyl 5,6% sê hulle wil graag in Engels of in ʼn ander taal skoolgaan. Die laasgenoemde syfer was met die vorige studie 7,2%.

Van die redes waarom die respondente aangevoer het dat hulle Afrikaanse onderrig verkies is hulle liefde vir die taal, en die verbintenis wat dit vir hulle met hulle kultuur en identiteit gee. Hulle het ook aangedui dat hulle ‘n sterk verband tussen moedertaalonderrig en begrip sien, asook die invloed wat dit op goeie akademiese prestasie het.

“Bekendheid met terme en begrippe in veral vakke soos Wiskunde maar ook Fisiese- en Lewenswetenskappe word dikwels as voorbeelde van die voordeel wat moedertaalonderrig jou bied genoem,” sê Prinsloo.

Sy sê uit die navorsing is dit ook duidelik dat skoolverlaters se keuse van universiteit sterk deur hulle keuse van onderrigtaal beïnvloed word. Diegene wat aan die Universiteit van Pretoria (UP) wil gaan studeer was byvoorbeeld in die studie van 2021 nog 44%, maar het in die 2024-studie tot 22% gedaal.

“Die tendens van Afrikaanse kinders wat toenemend onderrig in Afrikaans soek, beklemtoon dat daar ʼn groter vraag na enkelmedium Afrikaanse onderrig bestaan. Die verengelsing van Afrikaanse skole oor die algemeen dwing hierdie kinders dus om teenstrydig met hulle voorkeur in ʼn meertalige skool te moet skoolgaan,” sê Prinsloo.

Sy meen die vraag na Afrikaanse moedertaalonderrig kwyn nie, maar neem toe.

Sdie verslag hier aangeheg

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Ander Nuus Artikels

Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Luister nou