4 November 2024
‘n Prokureursfirma, Mdladlamba Attorneys, het in ‘n verslag oor sy ondersoek na ‘n sogenaamde kultuur van rassisme by die Pretoria High School for Girls aanbeveel dat die skoolhoof, adjunkhoof en die menslike hulpbronbestuurder van wangedrag aangekla word.
Dié firma is deur die Gautengse onderwysdepartement aangestel om talle bewerings van rassisme by die skool te ondersoek. Dit het begin by ‘n WhatsApp-groep waarop 12 wit meisies glo hulle swart mede-leerlinge bespreek het.
LEES OOK: Girls High: Adjunkhoof uit pos verwyder oor beweerde “kultuur van rassisme” by skool
Hierdie leerlinge is tydens ‘n tug-proses onskuldig bevind.
Die maatskappy se direkteur, Mthuthuzeli Mdladlamba, het tydens vanoggend se terugvoer gesê dat sommige wit onderwysers glo nie swart kollegas groet nie omdat “hulle nie weet of hulle onderwysers of skoonmakers is nie.”
Volgens hom het die geskorste skoolhoof, Phillipa Erasmus bevestig dat sommige wit onderwysers nie hulle kollegas van ‘n ander ras groet nie. Sy het glo ook gesê dat van die administratiewe personeel sleg behandel word.
LEES OOK: Girls High: Dissipline, en opvoeding nié net die skool se verantwoordelikheid nie, sê LUR
Erasmus het glo verder gesê dat sy nie dissiplinêre stappe kan doen nie omdat die administratiewe personeel nié hulle kollegas se name wil bekend maak nie.
Verder het die prokureursfirma bevind dat die skoolhoof en haar adjunk nie vinnig genoeg opgetree het toe klagtes van rassisme by hulle aangemeld is nie, en daarom word ‘n klag van wangedrag voortgestel.
[WATCH]: Charles Mdladlamba, Director of Mdladlamba Attorneys, an independent investigative law firm appointed by the GDE, presented the terms of reference and key findings of their investigation. pic.twitter.com/nWnsMpPwaG
— Gauteng Department of Education (@EducationGP1) November 4, 2024