Luister nou

Die verkiesing en veiligheid

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 9 Mei 2024

Deur: Bennie van Zyl

Namate stemdag van 29 Mei nader kom, is die gemoedere besig om al hoe warmer te word, en dit skep die teelaarde vir onstabiliteit.

Die polisie het reeds openbaar dat hulle op ‘n sterker gereedheidsgrondslag is in Natal, Mpumalanga en Gauteng, in hierdie volgorde. As ons sou aanvaar dat hulle intelligensie op ‘n beter grondslag is as toe die onluste in Natal en Gauteng uitgebreek het na die gevangesetting van oud-president Jacob Zuma, verwag hulle bepaald probleme.

Die SAPD se mannekrag is nie van so ‘n aard dat hulle ‘n ieder en ‘n elk kan beskerm nie – nie eens in sogenaamde “vredestyd” nie, laat staan in besonder gespanne tye soos dié in aanloop tot die verkiesing. Sewentien duisend ekstra polisiebeamptes is na Natal gestuur, wat beteken die ander provinsies het skielik daardie getal minder om die publiek te beskerm.

Bowendien spits die SAPD hom toe op die stedelike gebiede waar die kanse op onstabiliteit die grootste is. Feitlik geen noemenswaardige aandag gaan dus aan die landelike gebiede gegee word nie – dié gebiede waar die land se voedselprodusente is, terwyl die boere reeds sedert die koms van die hooggeroemde “demokrasie” die slagoffers geword het van plaasaanvalle en -moorde, en waar hulle geteister word deur veediefstal en produkdiefstal soos mielielande wat snags gestroop word.

Waar Zuma se MK-party al voorheen met geweld gedreig het as hulle  nie op die stembrief sou kom nie, of as Zuma nie toegelaat word as kandidaat nie, is daar weer ‘n geleentheid vir moeilikheid aan die kom nadat bewerings gemaak is dat MK van die voorgeskrewe aantal handtekeninge vir nie-verteenwoordigde partye vervals het. Sou daar bevind word dat dit wel die geval is, en dit sou die verkiesingskommissie oortuig om MK van die stembriewe te verwyder, kan dit die reeds gespanne situasie verhoog.

Op die platteland het die boere ook as gevolg van die verkiesing nuwe uitdagings om te hanteer. Skielik wil al wat politieke party is, toegang hê tot plase om stemwerwing by die plaasarbeiders te doen.

TLU SA het vinnig en pro-aktief opgetree en riglyne in hierdie verband aan sy lede deurgegee oor hoe om dergelike situasies te hanteer. Immers, hoe sal ‘n boer kan onderskei of die persoon wat toegang tot die plaas soek, werklik ‘n bona fide stemwerwer van ‘n politieke party is?

Georganiseerde landbou het al vir jare ‘n Plaasbesoek Protokol met staatsdepartemente bereik, wat beteken dat niemand net ‘n plaas kan betree sonder vooraf afspraak met die boer nie, en wanneer so ‘n afspraak wel gemaak word, moet die besoekers hulle identiteit, volmag of aanstellingsertifikaat openbaar. Dit lewer al dikwels probleme op. Hoeveel te meer probleme gaan daar nie met politieke party ontstaan nie? En hoe lank voor misdadigers die verkiesing gaan gebruik om toegang tot plase te kry. Vir baie boere word bio-sekuriteit ‘n prioriteit sodat onbekendes uit onbekende gebiede glad nie toegelaat word nie.

Dan is daar partye wat al moeilikhede op plase veroorsaak of aangehits het soos die EFF, wat deur bittermin boere op hul plase toegelaat sal word, juis om te verhoed dat intimidasie die goeie verhouding tussen die boer en sy werkers verwoes. Tans is daar ‘n video wat op sosiale media die rondte doen waarin Carl Niehaus ‘n EFF stemwerwing byeenkoms toespreek en die mense aanhits om “hulle” grond te gaan beset.

Ons mense moet hulle waaksaamheid verhoog in hierdie tyd en geen toegewings maak wat kan lei tot spyt later nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou