Lede van die Spesiale Taakmag, die Valke se Taktiese Operasionele Bestuurseenheid en ander rolspelers het vanoggend sewe verdagtes in hegtenis geneem, wat beplan het om ‘n OTM in Klerksdorp op te blaas.
Hulle inhegtenisneming volg nadat daar ‘n wenk oor die beplande misdaad ontvang is en die verdagtes is aangekeer, voordat hulle die misdaad kon uitvoer.
Een geweer, ‘n pistool en plofstof is in die verdagtes se besit gevind.
Hulle staan tereg op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sameswering om ‘n misdaad te pleeg en die besit van ‘n vermeende gesteelde voertuig.
Hulle sal binnekort in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.