Luister nou

🎥 VAKANTE POS | VIDEOGRAAF EN -REDIGEERDER

Deur Pretoria FM Nuusspan

Is jy ’n kreatiewe videograaf met ’n grafieseontwerpagtergrond wat floreer in ’n vinnige media-omgewing en altyd op hoogte is van die nuutste sosialemediatendense?

Pretoria FM, ’n gevestigde Afrikaanse radiostasie geleë in Loftuspark in Pretoria, is op soek na ’n videograaf en -redigeerder om by ons dinamiese bemarkingspan aan te sluit.

🔧 Wat behels die pos?

  • Beplanning, verfilming en redigering van video-inhoud vir radio-, digitale- en sosialemediaplatforms
  • Verfilming in ateljee-omgewing sowel as buite-liggings
  • Redigering van video’s, byvoeging van grafiese en visuele elemente
  • Samewerking met aanbieders, bemarking- en inhoudspan
  • Bly op hoogte van Pretoria FM se handelsmerk en die jongste video- en sosialemediatendense

🎓 Vereistes:

  • Sertifikaat of diploma in videografie of verwante veld
  • Minimum 3 jaar toepaslike ervaring in die media- of bemarkingsbedryf
  • Grafieseontwerpkennis
  • Kennis en ondervinding in klankvermenging, regstreekse uitsendings en animasie sal in jou guns tel.

💡 Die ideale kandidaat:

  • Werk gestruktureerd en noukeurig binne streng spertye
  • Lewer werk van hoë gehalte in ’n vinnige, kreatiewe omgewing
  • Is passievol oor radio, digitale media en storievertelling

📌 Belangrik:

  • ’n Videoportefeulje is verpligtend vir oorweging
  • Aansoeke sluit Woensdag 14 Januarie 2026

📧 Stuur jou CV en videoportefeulje per e-pos na: [email protected]

Gewilde Nuus

Padlangs

Kragdadigheid van ’n boer

Israel

7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?

AfriForum

AfriForum ondersoek brandstofheffings self

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Ander Nuus Artikels

Aanlyn dobbel
SNI-verslag lê euwel van die aanlyn dobbelbedryf bloot
Fotokrediet: Weet
VN se armoede-indeks styg
Fotokrediet: EWN
Die ANC se dispuut word vandag aangehoor
Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?

Luister nou