Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Waarmee bou ons die toekoms?

Nuuskommentaar: 20 November 2023

Deur: Bennie van Zyl

Die afgelope week was daar redelik polemiek ervaar in die media oor die vereistes gestel in regulasies oor die uitvoer van sekere verwerkte produkte na die EU sowel as die Verenigde Koningkryk waar sekere voordele ingebou is.  

‘n Baie duidelike skeiding tussen organisasies het plaasgevind waar sommiges die gevaar en impak van SEB wat as die eerste van vyf vereistes gestel in die regulasies, uitwys vir die negatiewe impak wat dit op Suid-Afrika se ekonomie deurlopend het.   Daarteenoor het ander organisasies dit probeer afmaak as iets wat eintlik reeds sedert 2016 daar is en dat die impak eintlik nie so erg is nie.  Dit bring elke individu by die punt oor wat is die keuse oor wat word ondersteun om die toekoms te ontgin en te bou. 

Die harde werklikheid is dat die impak van die beleid van transformasie waarbinne SEB en kaderontplooiing gesetel is Suid-Afrika het waar hy is.  Suid-Afrika is tans nie op ‘n goeie plek nie.  Oor die bykans 30 jaar wat daar binne  hierdie beleidsomgewing gefunksioneer is word ervaar dat die resultate nie die markte oortuig nie.   Werkloosheid is onaanvaarbaar hoog, misdaad is ver buite aanvaarbare norme en is die fiskus onder baie druk tov verpligtinge wat beswaarlik nagekom kan word. .  Die ekonomie stagneer en is Suid-Afrika reeds voordat Covid toegeslaan het afgegradeer na rommelstatus toe deur die internasionale kredietagentskappe. 

Buiten die ekonomiese kragte wat altyd die laaste sê het is daar ook internasionale spelreëls waaraan regerings deurlopend getoets word.  Hier dink ons bv. aan aspekte soos of menseregte gerespekteer word, is daar ‘n billike en deursigtige demokrasie, word daar na die inwoners se veiligheid omgesien en word privaat besitreg instand gehou en gerespekteer.  Met die Agoa-ooreenkoms is hierdie aspekte redelik sterk beklemtoon deur Amerika in sy oordeel oor Afrika-lande.  Voeg hierby die posisionering van ‘n land tov die magstryd wat tans op vele fronte woed en dan bring dit mee dat ‘n bepaalde etiket baie vinnig om ‘n land se nek gehang word. Wie jou bondgenote is, is  iets wat wel saak maak. 

Hierdie ooreenkoms met die EU en die VK is inderdaad slegs vir bepaalde verwerkte produkte.  Minister Thoko Didiza het met ‘n fyn woordspel verklaar dat SEB eintlik nie van belang is in die toekenning van ‘n uitvoerpermit in hierdie verband nie.  Die vraag is of iemand wat in die aansoek by die eerste vereiste, naamlik SEB, aandui dat dit nie van toepassing is nie en dat net na die ander vier kriteria gekyk moet word of so iemand wel dan ‘n uitvoer permit sal kry. 

Landbou is ‘n ekonomiese proses waar kundigheid, maar veral die aanvaarding van verantwoordelikheid vir wat dit verg om te kan boer, die grondslag lê vir sukses al dan nie.  Suid-Afrika se landbou is opgebou deur familieboerderye waar sukses oor tyd heen veroorsaak het dat boerderye gegroei het tot waar dit vandag staan.  Dit is diegene wat steeds toesien dat daar kos op die tafels is van verbruikers.  Dit is derhalwe in landsbelang dat elke moontlike hekkie in die pad van ons land se produsente uit die weg geruim behoort te word en dat daar op geen wyse voorsiening gemaak word om belemmerende beleide wat beperkend inspeel op geleenthede enigsins te ondersteun nie. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende