Luister nou

Vrystaat se topmatrikulant nie na spogfunksie genooi nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

15 Januarie 2025

Die Vrystaat se beste presteerder in die matriekeindeksamen van 2024, is nié deur die provinsie se onderwysdepartement na ‘n funksie vir di top presteerders genooi nie.

Dié geleentheid word jaarliks gereël om die toptien kandidate aan die media bekend te stel.

Hoewel die nege ander topmatrieks die geleentheid bygewoon het, was Susan Bender, van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool nie teenwoordig nie.

Die departement het nagelaat om haar, haar ouers of die skool in kennis gestel dat sy Dinsdag die geleentheid in Bloemfontein moes bywoon.

‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Howard Ndaba, sê dat Dinsdag se funksie nie die jaarlikse spoggeleentheid was nie, maar dat dié geleentheid eers Vrydag gehou word. Volgens hom was Dinsdag se funksie eintlik ‘n mediakonferensie.

Volgens Susan se ma, Marinda, is dit wel so dat Susan nié genooi is nie, maar meen hulle glo dat dit net ‘n administratiewe fout deur die departement was, en dat hulle dit wel sal regstel. Sy sê die gesin wil nie hê dat die fout Susan se vreugde steel of haar prestasie oorskadu nie.

Volgens haar sal hulle wel Vrydag se funksie vir die top 50 Vrystaatse presteerders in Bloemfontein bywoon.

Susan het ‘n gemiddeld van 96% behaal, sewe onderskeidings in al haar vakke behaal, en was 2024 se onderhoofmeisie. Sy is ook onder die provinsie se top-10-leerlinge in rekeningkunde, wiskunde, fisiese wetenskappe en Afrikaans huistaal.

“Dit voel vir ons dat haar uitslae en aanwysing as nommer een in die Vrystaat die kroon span oor ‘n gelukkige en geseënde skoolloopbaan. Sy het alles gegee op skool- hokkie gespeel, aan redenaars en debat deelgeneem, provinsiaal aan atletiek deelgeneem. Sy het niks prysgegee om akademies haar kant te bring nie. Ons bewonder haar hiervoor en eer ons Skepper vir haar talente en deursettingsvermoë,” sê Marinda oor haar kind se prestasie.

Susan sê sy het dit reggekry om ‘n balans te handhaaf omdat alles wat sy gedoen het, vir haar lekker was.

“Dit het nooit vir my soos werk gevoel om hokkie of atletiek te gaan oefen of om redenaars te gaan praat nie. Ek het ń passie vir elkeen van hierdie dinge gehad, en ek glo dit het my gehelp om balans te vind. Ek glo ook dat die feit dat ek sport en kultuur gedoen het my gehelp het met my skoolwerk, omdat dit my die waarde van harde werk geleer het en my ook die geleentheid gegee het om op iets anders as akademie te fokus.”

Die Vrystaat was weer die provinsie wat die beste in die land presteer het. met ‘n gemiddelde 91%.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou