Marelize Maré
Die minister van verdediging, Angie Motshekga en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het nie enige spookwerkers op die betaalstaat nie, maar het meer as R34-miljoen aan salarisse vir die tydperk tussen Mei 2022 en Maart 2023 betaal.
Dié feit het aan die lig gekom ná ‘n vraag van die DA-LP, Patrick Atkinson.
Die Nasionale Tesourie werk tans saam met die departement van binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om betaalstate, bevolking en belastingdata na te gaan om potensiële spookwerkers uit te wys.
Die departement van verdediging en die SANW het in die 2023/2024-finansiële jaar 296 kontrakwerkers gehad wat in die huidige boekjaar met 25 toegeneem het.
Sake is by die militêre polisie geopen met betrekking tot bedrieglike salarisbetalings.
Ander militêre-polisieondersoeke het gelei tot die terugbetaling van R5,2-miljoen uit fiktiewe bankrekeninge, waar SANW-wetstoepassers saam met die Spesiale Ondersoek-eenheid gewerk het.