Suid-Afrika se weerkaarte kry môre ’n spekgeur!
Eskort en Vox Weather span kragte saam om Internasionale Spekdag môre op ’n unieke manier te vier.
Weervoorspellings vir Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Durban en Gqeberha sal met ’n spektema aangebied word.
Volgens Eskort is daar ’n “100%-kans” op Suid-Afrikaanse spekvleis, ongeag die weer.
Die veldtog sluit onder meer voorspellings van sonskyn, wolke, reën en moontlike donderstorms in – met natuurlik ’n ekstra “kans” dat spekvleis in die pan sis.
Eskort sê Suid-Afrikaners bestee jaarliks bykans 37 miljard rand aan spekvleis.