Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

Openbare gesondheidsorgnavorsers doen ‘n beroep op die regering om die wetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels (vapes) dringend in werking te stel.

Navorsing wat deur die Universiteit van Kaapstad onderneem is toon dat nagenoeg 60% van die tieners wat in dié steekproef genader is, ‘n hoë afhanklikheid van damptoestelle getoon het.

25 000 leerlinge van 52 betalende hoërskole in die land is by dié studie betrek.

Van die bevindinge wat gemaak is, is dat 17% van die 25 000 deelnemers aan die studie van damptoestelle gebruik maak. 38,3% van dié 17% gebruik dit op ‘n daaglikse basis. Meer as 50% gebruik meer as vier dae per week ‘n damptoestel.

Die studie het verder gekyk na tekens van verslawing. 47% van tiener-damprokers gebruik die toestel binne ‘n uur vandat hulle wakker geword het, terwyl 11,8% sê hulle kan nie deur ‘n skooldag kom sonder om te damprook nie. 24,9% het erken dat hulle angstig of kwaad voel as hulle vir ‘n ruk nié die toestel kan gebruik nie.

‘n Navorser by die Universiteit van Kaapstad se skool vir ekonomie, Samantha Filby,sê die implementering van die wetsontwerp kan help om die aantal gebruikers van damp-toestelle onder tieners te beperk.

Lees die volledige verslag hier: 2025_04_11_Vaping

Foto’s: Queensland Health 

2 Responses

  1. As jy nie wil hoor nie, moet jy maar voel. Praat help nie. Ek het gepraat toe word ek n f@?#$ ouvrou wat afkraak en wil “conrtol”. Dus, moet nie by my kom tjank nie. Gin simpatie van my kant.

  2. Die jeug beard nie dat ons net hulle belange en gesondheid Wil beskerm. Ongelukkig is hulle alwetend en hulle Gaan net aan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

UK

“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Ander Nuus Artikels

NWU
KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek
Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende