Luister nou

Straat van Hormoes tydelik heropen

Deur Pretoria FM Nuusspan

Iran se minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, het Vrydag bevestig dat die Seestraat van Hormoes vir alle handelsvaartuie gedurende die oorblywende skietstilstand oop sal bly.

Hy sê skepe kan reeds die strategiese vaarweg langs die gekoördineerde roete oorsteek soos wat deur Iran se hawens- en seevaart-organisasie bepaal is. Die waterweg is van kritieke belang vir wêreldwye oliehandel, aangesien sowat ’n vyfde van globale olie daardeur vervoer word.

Die verwikkeling volg op die skietstaking tussen Israel en Libanon wat die Amerikaanse president, Donald Trump, Donderdag aangekondig het. Trump het Iran aankondiging op sy Truth Social-platform verwelkom en sy dank uitgespreek.

Intussen dui skeepsdata daarop dat die eerste tenkskepe reeds die gebied begin verlaat. Dié stap bring groot verligting vir internasionale handelsroetes wat weens die spanning tot stilstand gedwing is.

Oliepryse het Vrydag met meer as 10% getuimel nadat Iran die aankondiging oor die heropening van die seestraat gedoen het.

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou