Luister nou

St. Stithians-tieners: Nadoodse ondersoek onthul skokgebeure

Deur Walter Ernst

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ’n saak van moord nadat die liggame van ’n graad 11-leerling en ’n oudleerling van St. Stithians College in ’n vakansiehuis by ’n lodge in Sabie gevind is.


Die polisie het Maandag omstreeks 07:50 op die liggame van Ethan Coetzee, wat verlede jaar aan St. Stithians Boys’ College in Johannesburg gematrikuleer het, en Cameron Waldeck-Cooks, ’n graad 11-leerling aan St. Stithians Girls’ College in Johannesburg, afgekom. Beide is op die toneel dood verklaar.


Die bevindinge van die nadoodse ondersoek dui daarop dat Waldeck-Cooks moontlik verwurg is, terwyl Coetzee vermoedelik sy eie lewe geneem het.


Hoewel dit aanvanklik ’n geregtelike doodsondersoek was, het die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Mavela Masondo, gesê dat ’n moordsaak nou op grond van die forensiese bevindinge ondersoek word.


Die skool het albei leerlinge beskryf as uitstaande sportlui wie se talent, toewyding en karakter ’n blywende impak op die skool en sy sportgemeenskap gemaak het.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou