Luister nou

St. Stithians-tieners: Nadoodse ondersoek onthul skokgebeure

Deur Walter Ernst

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ’n saak van moord nadat die liggame van ’n graad 11-leerling en ’n oudleerling van St. Stithians College in ’n vakansiehuis by ’n lodge in Sabie gevind is.


Die polisie het Maandag omstreeks 07:50 op die liggame van Ethan Coetzee, wat verlede jaar aan St. Stithians Boys’ College in Johannesburg gematrikuleer het, en Cameron Waldeck-Cooks, ’n graad 11-leerling aan St. Stithians Girls’ College in Johannesburg, afgekom. Beide is op die toneel dood verklaar.


Die bevindinge van die nadoodse ondersoek dui daarop dat Waldeck-Cooks moontlik verwurg is, terwyl Coetzee vermoedelik sy eie lewe geneem het.


Hoewel dit aanvanklik ’n geregtelike doodsondersoek was, het die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Mavela Masondo, gesê dat ’n moordsaak nou op grond van die forensiese bevindinge ondersoek word.


Die skool het albei leerlinge beskryf as uitstaande sportlui wie se talent, toewyding en karakter ’n blywende impak op die skool en sy sportgemeenskap gemaak het.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Deel van vuurpyl stort op die maan neer

Fotokrediet: Netwerk24

Nasionale Minimumloonkommissie begin met openbare proses

Anil Sooklal

Nuwe beleid sal oudpresidente se buitelandse reise reguleer

Fotokrediet: Moneyweb

Ondersoeke teen Patrick Dlamini gaan steeds voort

Fotokrediet: Kalahari Tours and Travel

Die Augrabieswaterval Nasionale Park vier 60 jaar

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Wikipedia
Tafelberg se kabelkar is Maandag weer oop
OVK
Verkiesing waarskynlik vandag geproklameer
Fotokrediet: Netwerk24
Deel van vuurpyl stort op die maan neer
Fotokrediet: Netwerk24
Nasionale Minimumloonkommissie begin met openbare proses
Anil Sooklal
Nuwe beleid sal oudpresidente se buitelandse reise reguleer

Luister nou