Luister nou

Ramaphosa wil oorleef – al is dit teen landsbelang

Deur Redaksie

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlement se artikel 89-ontheffingsproses te staak. Ramaphosa wil hê dat die komitee se werk opgeskort moet word terwyl hy die onafhanklike paneel se bevindings oor die Phala Phala-skandaal op hersiening neem. Dié komitee is aangestel ná ’n beslissing van die Konstitusionele Hof in Mei dat ’n besluit van die Nasionale Vergadering om nié ’n onafhanklike paneelverslag oor die Phala Phala-saak te aanvaar nie, ongeldig en ongrondwetlik was.

Ramaphosa se regspan het aangevoer aan dat dit onregverdig sou wees om die ontheffingsproses te laat voortgaan alvorens die hersieningsaansoek aangehoor is.

Dr. Llewelyn Curlewis, ’n regskenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, sê Ramaphosa se aansoek is niks anders as ’n vertragingstegniek om moontlike aanspreeklikheid te ontkom nie.

“Enige ander individu in Suid-Afrika wat in besit gevind is van die bedrag buitelandse valuta wat in die staatspresident se indirekte besit gevind was, sou lankal voor ’n geregshof gebring gewees het om op aanklagte van allerhande statutêre oortredings te antwoord. Vanuit die staanspoor het die ANC als in hul vermoë gedoen om hul opperleier te beskerm, ten spyte van die donker wolke van suspisie wat die rondte doen.”

Curlewis sê Ramaphosa behoort hom uit eie beweging beskikbaar te stel om te getuig en die potensiële klad op sy naam uit die weg te ruim.

“Deur hierdie aansoek te loods, het hy definitief nie sy reputasie probeer “red” soos hy beweer nie. Allermins, dit is goedkoop politiek om bloot uitsteltyd te koop ten einde sy ampstermyn te probeer voltooi. Die ANC kan nie nou polities bekostig om in ’n verdere leierskapskrisis gedompel te word as ’n vakature ontstaan voor die komende plaaslike en algemene verkiesing nie. Dit is na my mening ’n geval van die president wat moet veg of vlug – oorlewing ten alle koste, al is dit teen landsbelang en vir eie of kaderbelange.”

Intussen verskil politieke partye op die parlement se artikel 89-vervolgingskomitee oor of president Cyril Ramaphosa verplig moet word om mondelinge getuienis in die Phala Phala-ondersoek te lewer. Die MK-party meen Ramaphosa moet eerste getuig, terwyl die ANC sê die komitee moet eers die verslae van ander ondersoeke oorweeg om te bepaal of ’n volledige ondersoek nodig is.

Die PA voer aan dat die president nie gedwing kan word om te getuig nie, terwyl die EFF sê die regsposisie oor dié kwessie is reeds deur die howe bevestig. Die komitee sal volgende week weer vergader.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweekhttps://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-76-24-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Untitled design (22)

Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Untitled design (21)

Vermiste vliegtuig ná 74 jaar gevind

Untitled design (20)

Jagluiperds na Zambië verskuif

Internasionale Perspektief nuut

VSA stoot terug teen Chinese invloed op elke vasteland

Ander Nuus Artikels

Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou
Untitled design (27)
Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum
Untitled design (25)
Naboomspruit gaan DorpToe!
Untitled design (23)
Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?
Untitled design (22)
Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Luister nou