Luister nou

Polisie ondersoek beweerde voorkeurbehandeling van Liebenberg-egpaar

Deur Pretoria FM Nuusspan

9 Februarie 2025

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy stel ondersoek in na beweerde voorkeurbehandeling van die diamant-handelaar, Louis Liebenberg, terwyl hy nog in polisieaanhouding is. 

DIT kom nadat videos en foto’s, vroeër vandeesweek tydens ‘n hofverskyning deur die media versprei is, waarin gesien kan word hoe Liebenberg sy vrou, Dezzi soen en omhels. Fisieke kontak word nie toegelaat word nie.

Volgens die polisie stel hulle ook ondersoek in of die nodige maatreëls gevolg is, en Dezzi se sak deursoek is vir enigiets wat nie toelaatbaar is nie. 

Die egpaar het Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie. Louis het aangedui dat hy weer om borg wil aansoek doen nadat hy vroeër sy borgtogaansoek laat vaar het. Sewe ander mense staan saam met hulle tereg.

Intussen het die polisie ook in die verklaring gesê hy is bekommerd oor die foto’s wat van die beskuldigdes geneem is omdat dit volgens hulle “teen die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) indruis.”

Maroela Media berig egter dat die hof aan die media toestemming gegee het om hulle af te neem.

Foto: Polisie

https://twitter.com/SAPoliceService/status/1888124582667657691

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou