Luister nou

Polisie lê beslag op R15 miljoen se steroïedes in Pretoria

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ’n reusedeurbraak gemaak toe speurders van die narkotika-eenheid op ’n pakhuis in Derdepoort, Pretoria toegeslaan en beslag gelê het op skedulemedisyne en steroïedes ter waarde van R15 miljoen.

Dít volg nadat die polisie verlede maand ’n slag geslaan het toe ’n dwelmsindikaat oopgevlek en ses verdagtes vasgetrek het.

Verdere ondersoeke het speurders na die pakhuis gelei waar ’n verskeidenheid opkikkers, stimulante en skedulemedisyne gevind is.

Volgens voorlopige bevindings het die sindikaat van ’n aanlyn platform gebruik gemaak om hierdie middels te vervaardig en te versprei.

Aanklagte teen twee van die verdagtes is vir eers teruggetrek.

Die polisie sê hierdie deurbraak is ’n belangrike stap in die stryd teen onwettige dwelmhandel in die land.

In nóg ’n klopjag het die Wes-Randse blitspatrollie op ’n Mandrax-laboratorium in Westonaria afgekom en twee mense in hegtenis geneem.

Masjinerie wat gebruik is om die dwelmmiddel te vervaardig asook poeier van sowat 35 000 pille, is ook gevind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou