Luister nou

Pasop vir dit wat die staat wil ‘gee’

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 4 Februarie 2022

Deur: Francois Redelinghuys

Die bekende ekonoom Thomas Sowell het eens gesê: “ Die welsynstaat is die oudste bedrogspul in die wêreld. Eers vat hulle mense se geld saggies weg en dan gee hulle sommige daarvan op ‘n flambojante wyse aan hulle terug.”

Verlede week was daar ‘n sitting van die parlementêre portefeulje komitee oor gesondheid. Die doel van die sitting was om oor die veelbesproke nasionale gesondheidsversekering (NGV) te debatteer en ook insette van verskeie rolspelers rakende die implementering daarvan te ontvang.  Die staat se behoefte met die implementering van die NGV is om hom alleenlik die voog van gesondheidsorg in Suid-Afrika te maak en derhalwe dan ‘gratis’ gesondheidsorg aan alle Suid-Afrikaners te bied.

Verskeie kommentators is verdeeld oor of die NGV in die eerste plek geïmplementeer moet word. Dit lei dikwels tot robuuste debatte – iets wat opsigself ‘n goeie ding is. Ongelukkig word die debat te gereeld oorheers deur die stelling dat indien jy nie saamstem met die implementering van die NGV nie, jy eintlik gevoelloos en onmenslik is.

Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die verskil lê nie daarin of ‘n mens saamstem dat soveel as moontlik mense toegang tot gesondheidsorg het nie, maar eerder wat die mees doeltreffende manier is om dit aan soveel as moontlik mense te bied. Dus is dit belangrik om te noem dat ongeag of jy teen óf vir hierdie mosie is, partye aan beide kant van die debat wil hê dat mense die mediese sorg ontvang wat hulle nodig het. Niemand wil hê dat mense moet siek wees en ly sonder toegang tot goeie mediese sorg nie. Dus verskil die uitkoms nie, maar eerder hóé dit bereik word.

Dit is om die rede dat die Franse ekonoom Frederic Bastiat gesê het dat sosialisme die onderskeid tussen regering en samelewing verwar. Net omdat jy nie saamstem daarmee dat die staat ‘n diens moet bied nie, beteken nie dat jy in wese teen die diens gekant is nie. Vanuit hierdie voorbeeld kan mens dus sê dat net omdat jy nie wil hê dat die staat die voog van gesondheidsorg is nie, dit nie beteken dat jy teen die idee van goeie gesondheidsorg  gekant is nie.

In Suid-Afrika sit ons in ‘n situasie waar ons aan die een kant goeie werkende privaat gesondheidsorg het en aan die ander kant uiters swak publieke gesondheidsorg. Gegewe hierdie realiteit kan die antwoord om goeie mediese sorg aan soveel mense as moontlik te bied dus seer sekerlik nie wees dat ons die een wat goed funksioneer totaal en al afskaf in die hoop dat die een wat swak funksioneer wonderbaarlik sal herstel nie. Om meer van dit te doen wat nie werk nie kan onmoontlik die oplossing wees.

As daar een ding is wat ons in die laaste twee jaar geleer het, is dat wanneer die staat in beheer is van gesondheid hulle ‘n wesenlike belang daarin het om alles wat dit beïnvloed te reguleer. Wanneer die staat dus iets aan jou wil ‘gee’ kom dit bykans altyd met voorwaardes wat jou direk beïnvloed.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou