14 November 2024
Owerhede in Kaapstad het ‘n ongelisensieerde slaghuis tot ‘n misdaadtoneel verklaar nadat beeldmateriaal aan die lig gekom het waarin gesien kan word hoe vleis in onhigiëniese toestande verwerk word.

Polisiebeamptes en ander owerhede het gister ‘n klopjag op die slaghuis uitgevoer nadat hulle inligting ontvang het oor die slaghuis op ‘n eiendom in Mfuleni.
Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, JP Smith sê werkers het wors gemaak, en verpak in baie vuil toestande, wat ‘n gevaar inhou vir verbruikers. Hy sê van die vleis word tans getoets.
Die eienaar van die slaghuis en vier werknemer is na bewering onwettig in die land. Smith sê die ontdekking van die slaghuis plaas weer die klem daarop dat dit uiters belangrik is dat daar gehou moet word by streng voedselregulasies.
Foto’s: JP Smith