20 Desember 2024
Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling en die Nasionale Vervolgingsgesag het ‘n ooreenkoms bereik.
Dié ooreenkoms sal verbeterde toegang tot die Zondo-kommissie oor staatskaping se databasis verseker.
Dít nadat die hoof van die NVG, advokaat Shamila Batohi, voorheen gesê het dat dit moeilik was om vordering met staatskapingsake te maak, omdat hulle nie volle toegang tot die databasis het nie.
Sy het aan die Parlementêre komitee oor justisie gesê dit het die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie verhinder om sy werk te doen.
Die departement van justisie het dit destyds toegeskryf aan ‘n tegniese fout wat verband hou met databasiswaarborge.
‘n Tegniese werkgroep sal nou gestig word om die dringende sake onmiddellik te hanteer.