Luister nou

Nuwe NDOV aangestel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoek Eenheid se hoof, Andy Mothibi as die nuwe Direkteur van Openbare Vervolgings aangestel.

Die presidensie het gisteraand aangekondig dat sy termyn aanstaande maand sal begin.

‘n Paneel het in Desember onderhoude met kandidate gevoer, maar het besluit om nie een van hulle vir die pos voor te stel nie.

Die woordvoerder in die presidensie, Vincent Magwenya sê Mothibi was voorheen in verskeie openbare en privaat sektore gedien en was die hoof van regsdienste by die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens.

Die huidige NVG hoof, advokaat Shamila Batohi, se termyn eindig die einde van die maand.

Leonard Lekgetho is as die waarnemende hoof van die Spesiale Ondersoek Eenheid aangestel.

Fotokrediet: Special Investigating Unit-SA

Gewilde Nuus

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou