Noodweer, putatiewe noodweer en Len Cloete


Luister nou

Volgende

Noodweer, putatiewe noodweer en Len Cloete

Nuuskommentaar: 25 November 2021

Deur: Natasha Venter

Die onlangse voorval waartydens Len Cloete deur ’n polisieman in die kop geskiet is tydens ’n konfrontasie in Muldersdrift het groot debatte ontketen oor die vraag of die betrokke beampte aangekla behoort te word. Om hierdie vraag te beantwoord, is dit nodig om te kyk na die verwere van noodweer en putatiewe noodweer.

Die toets vir noodweer is objektief, met ander woorde kan die staat ’n weergawe weerlê dat daar ’n aanval op die “beskuldigde” was, dat die aanval onwettig was of dat só aanval ophande was. Om aan die vereistes van n verweer van noodweer te voldoen moet die “beskuldigde” kan bewys dat die noodweershandeling, teen die aanvaller gerig en nodig was om ’n regmatige belang (soos iemand se lewe) te beskerm, asook dat daar ’n redelike verhouding tussen die aanval en die handeling van noodweer was.

Die toets vir putatiewe (veronderstelde) noodweer daarteenoor, is subjektief. Om hierdie verweer suksesvol in te span, moet die beskuldigde die hof oortuig dat hy/sy werklik (alhoewel verkeerdelik) subjektief geglo het dat sy lewe in gevaar was, al was dit nie werklik die geval nie. Daar is egter ook ’n objektiwiteitselement verbonde aan hierdie toets, omdat die hof ook sal oorweeg of die persoon, ten spyte van sy subjektiewe oortuiging van die gevaar, nalatig opgetree het deur irrasioneel op te tree. Hierdie tipe verweer handel oor die opset- of nalatigheidselement van die misdaad. Die subjektiewe denke is dié van die beskuldigde en daarom sê ek dat hy die hof sal moet oortuig.

Indien die polisiebeampte in die Cloete-voorval aangekla word, is die vraag nou aan watter misdaad hy skuldig is. Die twee voor die hand liggende opsies is moord en strafbare manslag. Moord kan gedefinieer word as die doelbewuste, wederregtelike doodmaak van ’n mens, terwyl strafbare manslag gedefinieer kan word as die nalatige, wederregtelike doodmaak van ’n mens. Strafbare manslag is egter ’n bevoegde uitspraak op ’n klag van moord en, sou vervolging ingestel word, voorsien ek ’n aanklag van moord. Dit is die ironie van die verweer van noodweer – die afweershandeling moet opsetlik plaasvind vir die verweer om te slaag.

Die howe het in die verlede tereg aangedui dat n leunstoelbenadering nie die gewenste benadering is nie. Die “beskuldigde” moet binne sekondes ’n besluit neem wat regslui noop om vir dae daaroor te argumenteer. Die publiek kyk na die video in stadige spoed en is vining om morele besluite te neem oor wie reg was. Die antwoord kan net bekom word deur die onbelemmerde toepassing van die uitgekristaliseerde beginsels van die strafreg.

Die redelikepersoontoets of objektiwiteitstoets in hierdie geval sal in ag neem dat ons met ’n opgeleide polisiebeampte te doen het. Die teenkant is dat objektief-gesproke die slagoffer pas ’n polisiebeampte van haar vuurwapen “beroof” het.

Dit is miskien ’n geval waar beide ’n beslissing om te vervolg of ’n beslissing om nie te vervolg nie aanvaarbaar kan wees.

Bronne:

  • Director of Public Prosecutions, Gauteng v Pistorius 2016 2 SA 317 (SCA)
  • Kgaleng v Minister of Safety and Security 2001 4 SA 854 (W)
  • S v De Oliveira 1993 2 SASV 59 (A)
  • S v Dougherty 2003 2 SACR 36 (W)
  • S v Joshua 2003 (1) SACR 1 (SCA)
  • S v Naidoo 1997 1 SACR 62 (T)

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Noodweer, putatiewe noodweer en Len Cloete


Luister nou

Volgende