Luister nou

Nóg aanklagte teen “Pretoria-Oos-boelie” aanhangig gemaak

23 September 2022

Die lys van aanklagte teen ‘n Pretoria-man, John Schuurman, oftewel Johnny Rockett raak nog langer nadat hy na bewering intieme foto’s van ‘n vrou aan haar vriende versprei het. 

Schuurman word daarvan aangekla dat hy ‘n vrou aangerand het, maar nou word hy ook van sogenaamde wraakpornografie beskuldig. 

AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan vir Lindrie Gouws by nadat haar foto’s versprei is en het ook vandag aanklagte by die Sinoville polisiekantoor aanhangig gemaak vir die oortreding van die Wet op Films en Publikasies, oortreding van die Wet op Kubermisdade, asook crimen injuria.

Dit kom enkele dae voordat Schuurman weer in die hof moet verskyn omdat hy glo ‘n ander vrou aangerand het.

Volgens die eenheid se kommunikasiebestuurder, Barry Bateman moet Schuurman Maandag in die Hatfield-landdroshof verskyn omdat hy na bewering sy voormalige lewensmaat, Milena Hill, aangerand het. Sy het die eenheid genader uit kommer dat haar saak nie sou voortgaan nie weens Schuurman se beweerde kontakte binne die SAPD.

In ’n ander saak waarby Schuurman betrokke was, het die eenheid Tyron Treurnich bygestaan ​​om ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en diefstal te open. Die aanranding is op beeldmateriaal vasgevang.

“Die bewerings is hoofsaaklik dat Treurnich in Augustus verlede jaar na ’n woonkompleks gelok is onder die voorwendsel om ’n kliënt se hare te sny. Nadat hy in ’n woonstel ingelaat is, is hy na ’n slaapkamer gelei. Treurnich voer aan dit was toe dat Schuurman verskyn en hom erg aangerand het en hom daarvan beskuldig dat hy van hom gesteel het.”

Die hoof van die privaatvervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel meen Schuurman, oftewel Johnny Rocket het vir homself ’n reputasie in die ooste van Pretoria verwerf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Nhanhla Mkhwanazi

Nasionale Persklub maak Nuusmaker van die Jaar bekend

Ander Nuus Artikels

Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans
Gamtoos 4
As ons gaan lê is dit tot niet

Luister nou