Luister nou

Nieu-Bethesda se winkelpopkunswerk kry voete

Deur Pretoria FM Nuusspan

Inwoners van Nieu-Bethesda in die Karoo is rasend van kommer, nadat Beverley, ’n winkelpopkunswerk wat in ’n bekende plaasdam gepryk het Saterdagaand voete gekry het.

Dié stowwerige dorpie was in rep en roer tydens die jaarlikse knoffelfees.

Beverley is die handewerk van die plaaslike kunstenaar, Ryno Greeff, wat onder meer bekend is vir sy klipkunsinstallasies, The Stone Folk, in die rotsagtige landskap van Ongeluksloot.

Greeff het haar twee jaar gelede in ’n pandjieswinkel opgeraap, verfraai en na die Doornkop-plaas naby die dorp geneem waar hy haar in ’n dam staangemaak het. Dit is dáár waar sy soos ’n varswatermeermin ál wat oog en kamera is in haar rigting begin lok het.

Hoewel Nieu-Bethesda bekend is vir die kunstenaar, Helen Martins se Uilhuis, het Beverley ’n legende geword wat toeriste van oraloor getrek het én die plaaslike gemeenskap tot skeppenheid en opwinding gestem het.

Die baas van die plaas het juis onlangs vir haar ’n nuwe oranje tweestuk vir die somermaande aangetrek.

Nieu-Bethesda-toerisme rig ’n pleidooi aan wie ookal té veel van dié kunsinstallasie gehou het om vir Beverley ongeskonde na die dorp terug te neem.

Fotokrediet: Mandy Roets (Daily Maverick)

Gewilde Nuus

Anil-Sooklal

SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek

Charlie Kirk 1

Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Chief Albert Luthuli News
Soektog in Pretoriuskop eindig tragies
Fotokrediet: InBoundSA
SA Airlink word steeds ondersoek
Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk

Luister nou