Luister nou

Nieu-Bethesda se winkelpopkunswerk kry voete

Deur Pretoria FM Nuusspan

Inwoners van Nieu-Bethesda in die Karoo is rasend van kommer, nadat Beverley, ’n winkelpopkunswerk wat in ’n bekende plaasdam gepryk het Saterdagaand voete gekry het.

Dié stowwerige dorpie was in rep en roer tydens die jaarlikse knoffelfees.

Beverley is die handewerk van die plaaslike kunstenaar, Ryno Greeff, wat onder meer bekend is vir sy klipkunsinstallasies, The Stone Folk, in die rotsagtige landskap van Ongeluksloot.

Greeff het haar twee jaar gelede in ’n pandjieswinkel opgeraap, verfraai en na die Doornkop-plaas naby die dorp geneem waar hy haar in ’n dam staangemaak het. Dit is dáár waar sy soos ’n varswatermeermin ál wat oog en kamera is in haar rigting begin lok het.

Hoewel Nieu-Bethesda bekend is vir die kunstenaar, Helen Martins se Uilhuis, het Beverley ’n legende geword wat toeriste van oraloor getrek het én die plaaslike gemeenskap tot skeppenheid en opwinding gestem het.

Die baas van die plaas het juis onlangs vir haar ’n nuwe oranje tweestuk vir die somermaande aangetrek.

Nieu-Bethesda-toerisme rig ’n pleidooi aan wie ookal té veel van dié kunsinstallasie gehou het om vir Beverley ongeskonde na die dorp terug te neem.

Fotokrediet: Mandy Roets (Daily Maverick)

Gewilde Nuus

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog