Dit is vandag presies ‘n jaar sedert die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, bewerings van korrupsie, politieke inmenging en die infiltrasie van misdaadsindikate in Suid-Afrika se strafregstelsel gemaak het.
Die onthullings het gelei tot die instelling van ‘n ad hoc-komitee deur die parlement om die aantygings te ondersoek.
Die komitee is tans besig om sy finale verslag af te rond ná maande se getuienis van senior polisielede, politici en ander sleutelgetuies.
Die bevindings sal na verwagting bepalend wees vir aanspreeklikheid en hervormings binne die land se veiligheids- en strafregstelsel.
ActionSA het intussen hulde gebring aan Mkhwanazi en sê hy het buitengewone moed en integriteit getoon het in die stryd teen korrupsie.