Luister nou

Mpumalanga-boer vasgetrek na hy vrot kos herverkoop

Deur Pretoria FM Nuusspan

6 Februarie 2025

‘n Boer van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy glo vrot kos, wat reeds die vervaldatum bereik het, herverpak en weer verkoop het.

Die Valke se eenheid in Secunda het saam met die polisiediens gewerk en sê hulle het inligting ontvang oor die 30-jarige boer se werksaamhede.

Volgens die Valke laai die boer glo die kos by kettingwinkels en ander verspreiders op en maak of hy dit vir sy diere wil voer.

Die Valke en inspekteurs van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit se gesondheidsdepartement het twee pakhuise gevind waarin die bedorwe kos geberg is. Vier koelkamers met blikkieskos, wat reeds verval het, vrot rooi vleis, en hoender is gevind.

Sowat 1000 kratte is ook gevind vol vrot suiwelprodukte, wat kaas insluit. Sewe vrieskaste met herverpakte graan, meel en mieliemeel is ook in die stoorkamer gevind.

Die Valke se hoof in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber, sê die produkte was vir niksvermoedende verbruikers bestem en hou ‘n groot risiko vir gemeenskappe in.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou