Luister nou

Mpumalanga-boer vasgetrek na hy vrot kos herverkoop

6 Februarie 2025

‘n Boer van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy glo vrot kos, wat reeds die vervaldatum bereik het, herverpak en weer verkoop het.

Die Valke se eenheid in Secunda het saam met die polisiediens gewerk en sê hulle het inligting ontvang oor die 30-jarige boer se werksaamhede.

Volgens die Valke laai die boer glo die kos by kettingwinkels en ander verspreiders op en maak of hy dit vir sy diere wil voer.

Die Valke en inspekteurs van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit se gesondheidsdepartement het twee pakhuise gevind waarin die bedorwe kos geberg is. Vier koelkamers met blikkieskos, wat reeds verval het, vrot rooi vleis, en hoender is gevind.

Sowat 1000 kratte is ook gevind vol vrot suiwelprodukte, wat kaas insluit. Sewe vrieskaste met herverpakte graan, meel en mieliemeel is ook in die stoorkamer gevind.

Die Valke se hoof in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber, sê die produkte was vir niksvermoedende verbruikers bestem en hou ‘n groot risiko vir gemeenskappe in.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Orgaan

Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel begin lank voor die winkelrak
Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Luister nou