Luister nou

Man toon erge allergiese reaksie toe perdebye hom steek

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Passasier van ‘n afleweringsvoertuig het ‘n lewensgevaarlike, allergiese reaksie getoon nadat hy verskeie kere deur perdebye gesteek is.

Volgens Arrive Alive, is verskeie nooddienste ontbied na die Lions River-gebied in Howick waar hulle ‘n bewustelose man aangetref het. Die afleweringsvoertuig het glo ‘n perdebynes versteur waarna die perdebye die man aangeval het.

Volgens Arrive Alive het die pasiënt se liggaam in anafilaktiese skok gegaan, en moes hy spesiale medikasie toegedien word om die allergiese reaksie teen te werk.

Hy word tans in ‘n hospitaal behandel. Arrive Alive sê die voorval dien as ‘n herinnering vir die publiek om versigtig te wees, en op die uitkyk te wees vir bye- en perdebyneste.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou