Luister nou

Leon Schuster op 75: Positiwiteit is die anker van die lewe

Deur Walter Ernst

Die komediant en rolprentmaker, Leon Schuster, het op sy 75ste verjaardag gesê dat hy die lewe met dankbaarheid aanpak.

“Die lewe klap ’n mens, maar mens moet ’n man wees en terugklap,” het hy aan Pretoria FM vertel.

“Die anker van die lewe lê in positiwiteit, die Here wat jou lei om positief te wees, en dís waarna ek strewe.”

Hy sê dat ’n mens op ’n sensitiewe stadium kom wanneer jy hierdie ouderdom bereik.

“Ek is nog terug op die rug, maar ek vat hierdie ding wat op my pad geplaas is, want as jy die Here as die Saligmaker sien, dán kan jy die ding baie makliker hanteer as iemand wat nie weet waaroor die lewe eintlik gaan nie.”

Schuster sê dat hy dankbaar vir die Here is wat hom so lank gespaar het. Hy het ook sy ondersteuners vir hul volgehoue ondersteuning bedank. Schuster sê dat die belangrikste ding nie die films is wat hy gemaak het óf hy self nie, maar diegene wat sy films deur die jare ondersteun het.

“Ek bid dat die Here elkeen sal seën en spaar, en om ook op ’n punt te kom waar jy kan sê dat jy amper Methusalem is.”

Schuster sê dat sy moeder 100 geword het, maar dat hy nie daarna sal strewe nie, omdat hy “wilde tye” in sy lewe gehad het.

“Daar’s tye wat die lewe jou ruk en jou voete plat op die aarde grond. Só plat dat jy nie eers jou broek kan uittrek nie.”

“Ek kap nog voort, ek kan nog rock, en ek kan nog skop,” het Schuster laggend gesê. Hy sê dat hy met die Here se genade nog ’n film kan maak. “Hóé weet ek nie, dalk met ’n huiskraan sodat hulle my kan oplig om die nodige goed te doen.”

Schuster is bekend vir sy films soos Mr. Bones; Oh Schucks… It’s Schuster; Sweet ’n Short; There’s a Zulu on my Stoep en Oh Schucks… I’m Gatvol.

Hy het die afgelope jare verskeie mislukte rugoperasies ondergaan, nadat hy van ’n bakkie afgeval het en nadat hy op ’n ander keer sy balans verloor het. Schuster ervaar as gevolg hiervan erge pyn en is van medikasie afhanklik.

 

Gewilde Nuus

Untitled design (30)

Duisende moet nog toelaagkaarte omruil

Ernst Roets

Sokkerballe of kruise?

UNISA

UNISA: Minister moet ingryp

Willie Spies

Spies ingesweer as raadslid

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 28 Augustus 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wees lig!
Internasionale Perspektief nuut
VSA kry oorhand oor Iran
Untitled design (31)
Ek staan hier sonder hare of borste
Untitled design (30)
Duisende moet nog toelaagkaarte omruil
Ernst Roets
Sokkerballe of kruise?

Luister nou