Luister nou

Konstitusionele Hof trek MRK se tande

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die konstitusionele hof het beslis dat direktiewe van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die SAMRK, nie wetlik bindend is nie.

Dié uitspraak vloei voort uit ’n saak tussen die SAMRK en AgroData, ná ’n bevinding van die SAMRK dat grondbesetters op die plaas De Doorn Hoek – wat in besit van AgroData is – gratis toegang tot boorgatwater moet kry.
Die uitspraak steun vroeëre uitsprake deur die hooggeregshof in Mpumalanga en die Hoogste Hof van Appèl wat bevind het dat die kommissie se bevindings slegs afdwingbaar is wanneer dit deur ’n hofbevel bekragtig is.

Die konstitusionelehofuitspraak bepaal dat dit die SAMRK se mandaat is om regstellende stappe te fasiliteer, eerder as om dit af te dwing.

Die burgerregtegroep AfriForum – wat as vriend van die hof opgetree het – verwelkom die uitspraak en bestempel dit as ’n oorwinning vir gebalanseerde magsdeling in ’n grondwetlike bestel.

Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Ander Nuus Artikels

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Luister nou