Luister nou

Kind sak inmekaar tydens opwarming vir hokkiewedstrd

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Graad 10-leerling aan die Glenwood Hoërskool in Durban is dood toe hy gistermiddag saam met sy span opgewarm het vir ‘n hokkiewedstryd.

Die leerlinge het sokker gespeel om op te warm toe hy skielik ineenstort. Die skool het die voorval bevestig. Volgens die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het die kind gevra of iemand in sy plek kan speel, waarna hy kantlyn toe beweeg het.

Die kind het toe glo skielik inmekaar-gesak en ondanks pogings deur die skool se personeellede en die ALS-nooddienste is die kind op die toneel dood verklaar.

Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, Sipho Lomukahet sy medelye met die kind se familie betuig. Hy sê ondersteuningsdienste is onmiddellik aan leerlinge en personeel gebied.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Ander Nuus Artikels

ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Luister nou