Kerstyd – Moet nie dat die kaders die gees van Kersfees ook steel nie


Luister nou

Volgende

Kerstyd – Moet nie dat die kaders die gees van Kersfees ook steel nie

Ons is nie veronderstel om bekommerd of ongerus te wees nie

Nuuskommentaar: 12 Desember 2023

Deur: Jan Bosman

Dit is nou ʼn tyd waarin mense so stadigaan begin voorberei vir ʼn welverdiende rus en vakansie en waarin ons ook in die gees van die naderende Kerstyd ʼn meer positiewe gemoed moet hê.

Dit is egter nie meer so eenvoudig nie. Mens is sinies oor die trant van boodskappe en rassehaat op X (Twitter). Pas het die Nasionale Raad van Provinsies die wetsontwerp aangeneem oor die Nasionale Gesondheidsversekering, ons is Fase 4 van beurkrag en weet nie of dit erger of beter gaan raak nie. Ons hoor van sluipmoorde op politici in Natal en besigheidsmense in Johannseburg. Lewenskoste is hoër terwyl ons hoor ons moet die belt intrek. Dan hoor ons feitelik daagliks van die rojale lewe van politici en staatsamptenare. Om ʼn wedstryd van die rugbywêreldbeker by te woon, bly vir die meeste van ons net ʼn droom, maar vir ʼn amptenaar wat ons minister van Polisie op ʼn geborgde besoek vergesel het na die eindstryd, is vinnig amper ʼn halfmiljoen Rand betaal.

Enkele dae terug staan ek en wag geduldig op die N1 by die William Nicol Afrit in Sandton (Volgens die aanwysings op die snelweg is dit nog die naam) maar deesdae is dit Winnie Mandela afrit. Dit is beurtkrag en almal wag geduldig hulle beurt af om oor die kruising te kom by die afrit want die verkeersligte werk nie. Van agter kom daar sirenes en blou ligte. Dit is die presidensiële kavalkade van nagenoeg 8 luukse motors en net soveel motorfietse wat deur die verkeer vleg en mense afdruk want President Ramaphosa moet by ʼn afspraak kom. Hy ervaar dus nie die gevolge van beurtkrag soos ons nie.

Midde in swak dienslewering, ʼn falende staat, toenemende misdaad, beurtkrag op die hoogste en langste vlakke nog en korrupsie waarvan die omvang nie meer wenkbroue laat lig nie, spreek adjunk President Paul Mashitele die Nasionale Raad van provinsies op Dinsdag 5 Desember 2023 toe en sê dat hy onomwonde die feit kan stel dat Suid-Afrika onder ʼn ANC administrasie veel beter daaraan toe is as 29 jaar gelede – met ander woorde voor 1994. Ons mag dalk nou ʼn brose vorm van demokrasie hê, anders as voor 1994 maar die adjunk president voer die verkeerde argument. As dit nie vir die ANC, regering met al die gebreke en mislukkings was nie, was Suid-Afrika vandag op ʼn veel beter plek. As dit nie vir uitgediende beleidsopsies was nie was daar meer en groter investering en werkskepping. Ons sien vandag die teendeel. Groot maatskappye wat moedeloos opgee en nog meer werksverliese is op hande. 

Daar is wel ligpunte –  Mavuso Msimang van die ANC veterane kondig sy bedanking na 60 jaar uit die ANC aan en ons kan gerus kennis neem van sy dwarsklappe na die ANC: Hy sê onder meer “Soos ANC-leiers in die openbaar eienaarskap neem van obseen ryk herehuise en ander besittings en dit verkondig, hulle kinders word na die beste skole in die land gestuur, terwyl daar nog steeds baie Suid-Afrikaners is wie se kinders nog steeds blootgestel word aan die risiko om in putlatrines in swak toegeruste openbare skole te val en ʼn gruwelike en ʼn vernederende dood te sterf. Daar is kinders in landelike gebiede wat klasse mis wanneer strome en riviere in vloed is omdat daar nie brûe is nie.”

Dan maak Msimang die belangrike punt: “Jy hoef nie te diep te delf om te ontdek dat die meeste van die land se mislukkings gekoppel word aan korrupsie iewers in die stelsel, ‘n tender wat nooit toegeken moes word nie, ‘n werk wat aan ‘n beter gekwalifiseerde meer verdienstelike en minder faksie-gebonde persoon moes gegaan het, Dit gebeur op die wagbeurt van die ANC-regering.” Dit is ʼn ernstige aanklag teen die ANC leierskap en die ANC regering. 

Vroeër die week woon ek ʼn vergadering by van ʼn klompie organisasies wat beplanning doen rondom verkiesing 2024. ʼn Swart man wat ʼn nie-regeringsorganisasie verteenwoordig staan aan die einde op en maak opmerkings met die volgende strekking. Dit is goed dat wit mans weer betrokke is. In die laaste dekades was dit volgens sy waarneming al meer die geval dat wit mans teruggetrek en onttrek het uit die openbare diskoers. Wanneer hulle wel betrokke was is hulle deur politici geskel as rassiste en is die albatros van apartheid om hulle gehang.  In stede daarvan om in argument te tree, het wit mans eerder onttrek uit die diskoers en so is die ruimte geskep vir korrupsie en staatskaping. Sy versoek is neem deel aan die openbare diskoers en wees betrokke.

Dit is dalk ons boodskap vir Kerstyd en 2024. Suid-Afrika kan veel beter wees as sy volle potensiaal aangegryp en ingespan word. Ons teenwoordigheid in die land is belangrik. Ons deelname en betrokkenheid word verlang deur mede Suid-Afrikaners. Al is ons selfs soms moedeloos en negatief moet ons weet dat die gety gaan draai.

In die woorde van die teoloog, wyle ds Attie Beetge.  Daarom kan jy vandag moed skep. God het gekom in die krip van jou hart en huis. Hy maak daarvan ’n paleis sodat Hy deur sy Gees altyd in jou sal wees. So ’n Kersfees wil ons vir jou toewens: ’N KERSFEES MET NUWE HOOP!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Kerstyd – Moet nie dat die kaders die gees van Kersfees ook steel nie


Luister nou

Volgende