Die Kaapse Forum eis antwoorde van die Boland-rugbyunie oor bewerings van omkopery en wedstrydknoeiery.
Die organisasie het ’n aansoek ingevolge die wet op die bevordering van toegang tot inligting ingedien om toegang te verkry tot klagtes en ondersoekverslae oor skeidsregters se hantering van wedstryde oor die afgelope twee seisoene.
Volgens Aldo Carelse van die Kaapse Forum doen bewerings van omkopery al lank die rondte en klubs is bang dat hulle geïntimideer sal word as hulle openlik daaroor praat. Die unie en SA Rugby ondersoek reeds die bewerings.
Die Kaapse Forum sê indien Boland nie die inligting verskaf nie, kan regstappe volg.