Luister nou

Joshlin Smith se ma in die hof

Deur Pretoria FM Nuusspan

31 Januarie 2025

Die ma van die vermiste 7-jarige, Joshlin Smith, het vandag in die hooggeregshof in Kaapstad vir ’n voorverhoor verskyn.

Netwerk24 berig dat Kelly Smith se medebeskuldigdes, Jacquin Boeta Appollis en Steveno van Rhyn, weens ‘n administratiewe fout, nie saam met haar verskyn het nie.

Die drie word van ontvoering en mensehandel in verband met die verdwyning van Joshlin aangekla.

Sy het in Februarie verlede jaar vanuit die Middelpos-informele nedersetting by Diazville in Saldanha verdwyn. Die verhoor sal waarskynlik in Saldanha of Vredenburg plaasvind.

Die saak is intussen vir nóg ‘n voorverhoor tot 28 Februarie uitgestel.

Die staat beweer dat Smith vir Joshlin aan ’n onbekende vrou in ’n wit voertuig verkoop het.

Foto: Ewn

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Ander Nuus Artikels

Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Luister nou